Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Handskrif vir Klein Duimpie" deur GEORGE WEIDEMAN
"Handskrif vir Klein Duimpie" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #50854] Do, 27 September 2001 12:35
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Handskrif
vir Klein Duimpie

George Weideman
("Uit hierdie grys
verblyf" 1987)

vanaand is die sterre wit gewaai
en die aarde ruik na reën en saad -
laat ons buite slaap, my duimpie-lief,
kom lê styf langs ou langeraad.

bedags is ons wóórde van mekaar
en die huis is ongesellig muf -
laat ons buite lit teen lit aankruip
wys vingertjie, neus in die snuf.

met wilde-anys en heuningbos
is jou mond die ene spesery -
soen wil ek jou tot jy handmak is,
tot maan oor berg se mik kom ry;

tot tuinspinnekop kom weefsels draai
en spindrade string van lyf tot lyf -
tot ons, hand oor hand ineengevleg
die sterretekens na'skryf.
Vorige onderwerp: "Plaas-ensemble" deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: "Die Laaisel van die Sonbesie" deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 18:56:18 MGT 2024